My ma se Konfyttertjies

Image

Hierdie resep vra om in Afrikaans geskryf te word. My suster Heleen(sy is die bakster in die gesin) het nou die dag weer my ma se ou konfyttertjie resep nader geruk en vir my gestuur en nou bak ons weer almal konfytertjies-en eet dit natuurlik ook tot dit op is. Enige konfyt is lekker maar ek verkies appelkooskonfyt.

Kry bymekaar:

4 K Bruismeel
250 g Botter
1 K Suiker
2 Eiers
3 t Vanilla
Knippie sout

Metode:

1. Room botter en suiker.
2. Voeg goedgeklitste eier en vanilla by. Vou bruismeel en sout in eiermengsel en knie tot sagte deeg.
3. Druk twee derdes van die deeg in oondpan, smeer appelkooskonfyt bo oor en rasper res van die deeg oor.
4. Bak 20 minute by 180grade tot ligbruin. Sny in blokkies.
5. Bere in lugdigte houer.(As daar oorbly om te bere…..)

Foto: Tara